     
=====================================================================
Afrikaans moet ritme h vir Xhosa leerders (AV 3:4)
=====================================================================
 
Inhoudsoorsig 	
  

Afrikaans moet ritme h vir Xhosa leerders van die Transkei.

Onderwysers wat Afrikaans aan Xhosasprekendes wil leer, moet in ag neem dat Xhosa 'n baie toniese en uiteraard ritmiese taal is met min eenlettergrepige woorde. Di eienskappe benvloed hoe onderrig aangepak moet word, s prof. Attie Coetser van die Universiteit van die Transkei.   

Die voorkennis waarmee moedertaalsprekers van Xhosa Afrikaans aanleer, medebepaal in 'n groot mate die kaders waarbinne aspekte soos woordeskatverwerwing plaasvind. Enkele aspekte in hierdie verband wat 'n markante rol speel, is die fonologiese patrone en frekwensie van eenlettergrepige teenoor meerlettergrepige leksikale items in Xhosa. 

Fonologies volg Xhosa oorweldigend 'n konsonant-vokaal- opeenvolging. Wanneer Xhosasprekers Afrikaans -- waarin konsonantgroepe algemeen voorkom -- aanleer, is hulle geneig tot ontbondeling van sodanige konsonantgroepe. Dit vind gewoonlik plaas deur 'n proses van vokaliese epentese, ten einde die KV-patroon te bewerkstellig. 

Ons het almal al voorbeelde soos die volgende (wat bovermelde verskynsel illustreer) in die gesproke en geskrewe Afrikaans van swart niemoedertaalsprekers van Afrikaans teengekom: werek (werk), helep (help), kapitein (kaptein), garaaf (graaf). 

In die honderdtalle ontlenings aan Afrikaans in Xhosa is hierdie verskynsel ook duidelik te bespeur. Enkele voorbeelde hiervan is:
i-apulikosi (appelkoos); i-bhokuva (bokwa); i-bhulorho (brug); i-bhulukhwe (broek); i- dolophu (dorp); i-fasikoti (voorskoot); i-folokhwe (vurk); i-folomu (vorm); i-fularha (vrag); i- gilasi (glas); i-halitile (halter); ama-handiboyi (handboeie); i-harika (hark); i-kalika (kalk); i- kalikuni (kalkoen); i-sikhephe (skip); i-kiliva (kruiwa); i-marike/-malike (mark); i-naliti (naald); i- Pasika (Pasga); i-pesika (perske); i-sipinatshi (spinasie); i-sipiriti (spiritus); i-pulanga (plank); i-siporho/sipoki (spook); i-sikade (skade); i-sikali (skaal); i-sikere (skr); i- sikeyi (skei); i-sikiti (skut); i-sokolo (skool); i-sikolopati (skilpad); i-sikotile (skottel); i-sikrufu (skroef); i-silarha (slaghuis); i- sileyi (slee); i-sipili (spiel); i-sitali (stal/staal); i-sitena (steen); i-sitophu (stop); i- sitofu (stoof); i-sipani (span); i-sipanispeki (spanspek); i-sipeki (speek/spek); i-situlo (stoel); i-sitibhile (stiebeuel); i-toliki (tolk); i-tolonke/-tolongo (tronk); i-sitora (stoor); i-sitroyi (strooi); i-situphu (stoep); i- tolofiya (turksvy); i-volovolo (rewolwer); u-mvolofo (wolf). 

In sommige gevalle kom veelvuldige klanktoevoeging voor ten einde die KV-patroon te vestig: i-sitalato (straat); i- sipeliti (speld). 

Een van die belangrikste konsekwensies van die kenmerkende KV- patroon in Xhosa is natuurlik dat meerlettergrepige woorde die oorgrote meerderheid in die woordeskat van Xhosa uitmaak -- trouens, die aantal eenlettergrepige woorde in Xhosa kan letterlik op die vingers van een hand getel word. Xhosaleerders van Afrikaans is gevolglik dikwels geneig om eenlettergrepige vorme met behulp van bepaalde fonologiese prosesse meerlettergrepig te artikuleer. Weer eens kan letterlik honderde voorbeelde aangebied word waar ontlenings aan Afrikaans in Xhosa aan hierdie proses onderwerp word. 

Baie kom voor in die vorige lys, soos i-bhulorho (brug). Hier volg enkele ander voorbeelde: i-Bhulu (Boer); i- dulu (duur); u-dumo (roem); i-fulu (voer); i-kari (kar); i-lokhwe (rok); i-rapu (raap); i-randi/i- ranti (rand -- geld); i-rayisi (rys); i-ronte (rond); i-tela (teer); i-ure/-yure (uur); i-vosi (wors). 

Die meerlettergrepige aard van Xhosawoorde bring natuurlik mee dat Xhosa 'n baie toniese (en uiteraard ritmiese) taal is. Die onderwyser wat Afrikaans aan Xhosa-sprekendes onderrig, moet van hierdie aspekte kennis neem, want dit benvloed die verloop van die onderrig ongetwyfeld. Xhosasprekendes leer byvoorbeeld meerlettergrepige woorde in Afrikaans baie makliker en gouer aan as eenlettergrepige items. 

Uit voorlopige ondersoeke by Xhosasprekende eerstejaarstudente wat 'n spesiale taalvaardigheidskursus in Afrikaans volg, blyk dit dat hulle drielettergrepige woorde in 'n kommunikatiewe leersituasie die maklikste aanleer en gebruik. Die teenoorgestelde is waar van eenlettergrepige items: Xhosasprekende aanleerders van Afrikaans leer dit moeiliker as meerlettergrepige woorde aan, omdat eenlettergrepige gevalle min aansluiting by die moedertaalpatroon vind. Tweelettergrepige items word ook makliker as eenlettergrepige woorde aangeleer, maar nie so maklik as drielettergrepige woorde nie. 

In die lig van die bogenoemde KV-patroon en meerlettergrepige aard van Xhosa is die patroon van eerstejaarstudente se verwerwing van 'n Afrikaanse woordeskat nie vreemd nie. Onderwysers wat Afrikaans aan Xhosasprekers onderrig, moet dus versigtig wees en nie aanvaar dat die kortste woordjies die maklikste aangeleer word nie. Die konvensionele patroon om van die "makliker" (lees: kort) na "moeiliker" (lees: langer) woorde "te vorder" is nie 'n onomstootlike waarheid nie. Die teenoorgestelde blyk nader aan die waarheid te wees. Dus: 

* Gebruik in beginnerslesse gerus woordeskatitems wat meerlettergrepig is en ritmies vloei (in 'n kommunikatiewe onderrigsituasie, natuurlik). 
* Waak teen lesse wat ten opsigte van woordeskat van sogenaamd "maklik" na "moeilik" vorder -- moeilikheidsgraad het vir die Xhosaaanleerder van Afrikaans 'n ander inhoud as vir die Afrikaanse moedertaalsprekende onderwyser; wat vir die onderwyser "moeilik" is, is vir die aanleerder "maklik", en omgekeerd. 
* Dieselfde geld vir registers en style: moenie dink die nie-moedertaalaanleerder kyk deur dieselfde bril as die moedertaalspreker na die style en registers van die Afrikaanse woordeskat nie. 
* Sluit gerus meer aan by die aard van die aanleerder se moedertaal. Hierdie gedagte bevestig eintlik maar net 'n welbekende opvoedkundige beginsel: beweeg van die (in hierdie geval talige) bekende na die onbekende. 

Terug na bo 	  	

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av347.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) Stigting vir Afrikaans 1999 	Blaai terug | Blaai om 	
. 

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Desember 1996 /// Gooi weg die vark in die sak! (AV 3:4) /// Kinders dink nuut vir Afrikaans (AV 3:4) /// Bande met ons naaste taalfamilie (AV 3:4) /// Die demografie van Afrikaans (AV 3:4) /// Verre vriend moet gou s of hy belang stel (AV 3:4) /// Afrikaanse vordering in Pole (AV 3:4) /// Afrikaans moet ritme h vir Xhosa leerders (AV 3:4) /// Taalplan Taakgroep: hoe ver is ons nou? (AV 3:4) /// Superman van Imagery (AV 3:4) /// 